Ons is die Open Doors (Oop Deure) projek, toegewy daaraan om skuiling te bied aan bedreigde fannish inhoud. Ons het verskeie sub-projekte en reddingspogings wat daarop gemik is om verskillende soorte fanwerke en artefakte van fankultuur te argiveer en bewaar.
Ons missie is om fanwerke vir die toekoms te bewaar en terselfde tyd hul skeppers te respekteer.
Ons waardes is:
- Om skeppers en mekaar te respekteer
- Om as ’n span saam te werk
- Om uitstekende kliëntediens te verskaf
- Om diversiteit te respekteer en aan te moedig, op die volgende (en ander) maniere:
- deur die identiteit van ons vrywilligers te respekteer
- deur die tale en kulturele oorspronge van fanwerke te respekteer en aan te moedig, bv deur tale anders as Engels van buite-Westerse oorsprong te prioritiseer
- Om openlik/effektief met mekaar, ander OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)-komitees en die gemeenskap te kommunikeer
- deur die mediums van fanwerke te respekteer
- deur die tale, kulturele oorspronge, en mediums van die kanon werke waarop die fanwerke gebaseer is te respekteer
- Om tydig take te voltooi en te reageer op kommunikasie van modereerders, skeppers, uitgewers, ander OTW komitees en mekaar.
- Om te streef daarna om voortdurend ons prosesse te verbeter, insluitend in reaksie op gemeenskaps- en interne terugvoer
- Ons glo dat alle argiewe, fantydskrifte en fanwerke intrinsieke waarde het en gelyk geskep is
- Om werksisteme te implementeer wat met huidige beste praktyke in digitale bewaring ooreenstem
- Die formalisering en dokumentasie van standaard prosesse wat gevolg moet word
- Om ons vrywilligers toe te rus met opleiding sodat hulle weet hoe om op te tree in ooreenstemming met ons missie, waardes en gevestigde prosesse
Ons werk sluit in:
- Aanlyn-Argiewe (bladsy beskikbaar in Engels):
Die Aanlyn-Argiewe blad skakel na die argiewe wat gered is en uitdagings wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) aangebied is. Dit verteenwoordig die meerderheid van die werk wat deur Oop Deure gedoen word. - Spesiale Versamelinge (bladsy beskikbaar in Engels): Die Spesiale Versamelinge Gallery sluit digitale projekte in wat nie tans met die AO3 of Fanlore geïntegreer kan word nie. Dit sluit .pdfs, multimedia fanwerke, fan-webwerwe van geskiedkundige belang en ander digitale artefakte in.
- Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek): ’n Gesamentlike onderneming tussen die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en instellings soos die Spesiale Versamelinge departement by die Universiteit van Iowa om fantydskrifte en ander nie-digitale vorme van fankultuur te argiveer en bewaar.
- AO3 Fanzine Scan Hosting Project(Geskandeerde Fantydskrifte Huisvestingprojek): ‘n Samewerking tussen die OTW en Zinedom (‘n bewaringsprojek wat deur aanhangers bestuur word) om gedigitaliseerde kopieë van fanzine-werke na die AO3 te bring.
- GeoCities Rescue Project (GeoCities Reddingsprojek) (bladsy beskikbaar in Engels): ’n Projek wat daaraan toegewy is om fan webtuistes te bewaar wat andersins verlore sou gaan deur Yahoo se sluiting van GeoCities in Oktober 2009.
- Yahoo Groups Rescue Project (Yahoo Groepe Reddingsprojek) (in Engels): ’n Projek wat toegewy is aan die bewaring van fanfiksie, fankuns en meta van Yahoo Groups wat andersins verlore sou gaan nadat Verizon in Januarie 2020 Yahoo Groups gesluit het.
Vir meer inligting oor die Oop Deure-projek en ons prosesse, besoek asseblief ons Algemene Vrae.