Open Doors (Oop Deure)

Ons is die Open Doors (Oop Deure) projek, toegewy daaraan om skuiling te bied aan bedreigde fannish inhoud. Ons het verskeie sub-projekte en reddingspogings wat daarop gemik is om verskillende soorte fanwerke en artefakte van fankultuur te argiveer en bewaar.

Ons werk sluit in:

  • Aanlyn-Argiewe (bladsy beskibaar in Engels):
    Die Aanlyn-Argiewe blad skakel na die argiewe wat gered is en uitdagings wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) aangebied is. Dit verteenwoordig die meerderheid van die werk wat deur Oop Deure gedoen word.
  • Spesiale Versamelinge (bladsy beskikbaar in Engels): Die Spesiale Versamelinge Gallery sluit digitale projekte in wat nie tans met die AO3 of Fanlore geïntegreer kan word nie. Dit sluit .pdfs, multimedia fanwerke, geskiedkundig belangrike fan webwerwe en ander digitale artefakte in.
  • Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek): ’n Gesamentlike onderneming tussen die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en die Spesiale Versamelinge departement by die Universiteit van Iowa om fantydskrifte en ander nie-digitale vorme van fankultuur te argiveer en bewaar.
  • GeoCities Rescue Project (GeoCities Reddingsprojek) (bladsy beskikbaar in Engels): ’n Projek wat daaraan toegewy is om fan webtuistes te bewaar wat andersins verlore sou gegaan het deur Yahoo se sluiting van GeoCities in Oktober 2009.
  • Yahoo Groups Rescue Project (Yahoo Groepe Reddingsprojek) (in Engels): ‘n Projek wat toegewy is aan die bewaring van fanfiksie, fankuns en meta van Yahoo Groups wat andersins verlore sou gegaan het na Verizon in Januarie 2020 Yahoo Groups gesluit het.