Algemene Vrae

Algemene Vrae

Wat is die Open Doors (Oop Deure) projek?

Die Open Doors (Oop Deure) projek van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is toegewy daaraan om fanwerke te preserveer. Ons spesifieke doel is om daardie fannish projekte te bewaar wat andersins verlore sou wees as gevolg van ’n gebrek aan tyd, belangstelling, of hulpbronne aan die kant van die huidige onderhouer.

Wat is julle Diensvoorwaardes vir Open Doors (Oop Deure) projekte?
Waarom moet argiefinvoere na die AO3 deur Open Doors (Oop Deure) gaan?

Dit is uiters belangrik vir die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) dat die oorspronklike skeppers van enige fanwerke ten volle gekrediteer word en soveel beheer as moontlik oor hul werk het. Open Doors (Oop Deure) het hulpmiddels en standaardprosedures om seker te maak dat alles moontlik gedoen word om skeppers te kontak voor en nadat hulle werke na die AO3 ingevoer is (sodat hulle bewus is van wat gebeur en die geleentheid het om met ons in verbinding te tree indien nodig), dat alle skeppers ten volle gekrediteer word, en dat skeppers altyd die geleentheid het om hul werke te eis/verwyder/onteien/verander soos hul wil.

Wie kan argiewe nomineer om deur Open Doors (Oop Deure) bewaar te word?

Enigiemand kan ’n argief vir bewaring voorstel, insluitend argivarisse, modereerders, skeppers en lesers. Dus, as u bewus is van ’n argief wat gesluit of vanlyn gegaan het, of ’n onsekere toekoms het, laat ons weet deur gebruik te maak van ons kontakvorm.

Ek het ander vrae! Waar moet ek hulle vra?

Kontak asseblief die Oop Deure komitee.

Vir Fans met Geargiveerde Fanwerke

Ek het my werk in ’n argief geplaas wat nou deel is van Open Doors (Oop Deure). As ek dit nie meer daar wil hê nie, kan ek dit verwyder?

Ja, natuurlik. Verwys na “Hoe kry ek beheer oor my ingevoerde werke?”. Ons werk ook graag saam met u om ’n alternatief tot die uitvee van die werk te vind. Een wat u fanwerk sal bewaar (as deel van die argiefversameling) op ’n manier waarmee u gemaklik is. Soos ons hierbo opgemerk het, bied ons die opsie om u werk te “oneien”, wat sal toelaat dat die werk beskikbaar bly, maar enige identifiserende inligting sal verwyder.

Hoekom is my werk skielik op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)?

Omdat die argivaris wie die argief beheer waar u oorspronklik u werk gelaai het, besluit het om dit na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te skuif. Alhoewel al die AO3 se hulpmiddels ontwerp is om soveel moontlik beheer aan individuele fans te gee, glo ons in die geval van groot argiewe dat die argivaris verantwoordelikheid en gesag het oor die werkstuk as ’n versameling. Argivarisse het argiewe na verskillende bedieners geskuif, die sagteware opdateer wat die werke organiseer, van webgasheer verander, ens. om ’n versameling fanwerke lewendig, aanlyn en bymekaar te hou. Die oordrag of rugsteun van ’n versameling na die AO3 is net nog ’n manier om ’n argief se langtermyn-toeganklikheid te verseker. Die argivaris sal ook aanhou om beheer oor die versameling te hê as hulle wil, en kan die reëls daarvan stel, ens. Nietemin, as ’n individuele fan hul werke vanuit die oorspronklike argief of uit die AO3 wil verwyder, verskaf ons eenvoudige hulpmiddels om dit te doen; sien onder.

Hoe sal ek weet of ’n argief wat my werk bevat ingevoer gaan word na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)?

Voordat ons die argief invoer sal ons ’n aankondiging plaas op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se nuusblog, TransformativeWorks.org se blog, OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Dreamwidth en LiveJournal nuusblogs, Tumblr, en die AO3 Twitter rekening: @ao3org. Ons sal ook die instandhouers van die argief wat ons invoer aanmoedig om nuus oor die invoer op die ou argief te deel (indien moontlik) asook op ander plekke waar hulle dink geaffekteerde gebruikers die nuus sal sien. Aangesien argiewe wat in gevaar is dikwels ouer argiewe is waar baie gebruikers aanbeweeg het en/of hul kontakbesonderhede verander het, kan ons nie waarborg dat almal wat geraak word voor die tyd sal weet nie, maar ons sal ons bes doen om seker te maak dat mense bewus gemaak word van die skuif.

Hoe sal ek weet wanneer my werk op die AO3 ingevoer word?

Wanneer ’n invoerproses plaasvind, sal ’n e-pos gestuur word aan elke gebruiker wat ’n werk het wat ingevoer word. Hierdie e-posse sal na die e-posadres gestuur word wat met die rekening op die ou argief geassosieer word. Dit beteken wel dat as u nie meer toegang tot daardie e-posadres het nie, u nie outomaties in kennis gestel sal word nie – ons hoop dat die ander kennisgewings rondom die invoer sal help verseker dat daardie mense wat geraak word daarvan sal hoor. Ons hou ’n lys van ingevoerde argiewe in die Open Doors (Oop Deure) Spesiale Versamelingsgalery.

Wat gebeur wanneer my werk na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingevoer word?

Verskeie dinge sal gebeur wanneer u werk na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingevoer word:

  1. Ons sal ’n e-pos stuur na die e-posadres wat op die ingevoerde argief geregistreer is en u in kennis stel van die skuif.
  2. As u reeds ’n rekening op die AO3 onder dieselfde e-posadres het, sal u werke outomaties met u rekening gesinchroniseer word. (Enige werke wat u reeds ingevoer het met behulp van die URL-invoerfunksie in AO3 sal nie weer ingevoer word nie.)
  3. As u reeds ’n rekening het onder ’n ander e-posadres, kan u steeds u werke eis deur die eisskakels in die kennisgewing-e-pos te gebruik.
  4. As u nie ’n rekening op AO3 het wat met daardie e-posadres gekoppel is nie, sal u uitgenooi word om een te skep. U sal dan u ingevoerde werke kan eis om dit met daardie rekening te assosieer.
  5. U ingevoerde werke sal by verstek beperk word tot aangemelde AO3-gebruikers totdat u hulle eis. U sal dan kan kies of u wil hê die werke moet publiek sigbaar wees. In sommige gevalle (veral dié waar die oorspronklike argief oop was tot die publiek, en waar die argivaris dit versoek) sal die werke automaties na drie maande sigbaar gemaak word sodat enigiemand dit kan sien, ongeag of dit geëis is of nie.
Wat van as ek nie ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening het nie?

Wanneer ’n argief ingevoer word na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), sal u per e-pos in kennis gestel word. As u nie reeds ’n rekening het nie, sal u genooi word om ’n AO3-rekening te skep (sonder om u by ons uitnodigingswaglys te voeg). Lekker! As u reeds ’n rekening het, sal u die werke deur daardie rekening kan eis.

Hoe kry ek beheer oor my ingevoerde werke?
  • As die e-posadres wat op die oorspronklike argief geregistreer is dieselfde is as die e-posadres wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geregistreer is:
    1. Sal u ’n e-pos ontvang wat u laat weet u werke is ingevoer en met u rekening gesinchroniseer.
  • As u toegang het tot die e-posadres wat met die rekening op die oorspronklike argief geassosieer word, sal u ’n e-pos ontvang wat u laat weet u werke is ingevoer. U sal die volgende opsies gegee word:
    1. Eis die werke op die AO3 en skep ’n nuwe rekening waarmee hulle geassosieer sal word (dit beteken u kry ’n AO3-rekening as u nie reeds een het nie). U sal die werk dan kan wysig, uitvee, ens – dieselfde as enige ander werke wat u op die AO3 geplaas het.
    2. Eis die ingevoerde werke en assosieer dit met u bestaande AO3-rekening. U sal die werk dan kan wysig, uitvee, ens. – dieselfde as enige ander werke wat u op die AO3 geplaas het.
    3. Vee die ingevoerde werke uit. As u dit doen, sal u ook die opsie hê om te verhoed dat enige toekomstige werke wat verband hou met daardie e-posadres op die AO3 ingevoer word.
    4. Oneien die ingevoerde werke. Dit los die werke op die AO3, maar verseker dat hulle nie deur enige gebruiker beheer kan word nie. U kan kies of u die naam waarmee hulle geassosieer is uit die ou argief wil verwyder, of om dit as ’n skuilnaam te laat vertoon. (Let wel: As u kies om u werke te oneien, sal u dit eers moet nagaan om enige oorblywende identifiserende data te verwyder.)
  • As u nie toegang tot die e-posadres het wat met die rekening op die oorspronklike argief geassosieer word nie:
    1. Kontak Oop Deure met u rekeningnaam op die oorspronklike argief en enige inligting wat kan help om u identiteit te verifieer.
Hoe sal mense my werk kan vind?

Die ingevoerde argief sal as ’n versameling op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) verskyn. Dit sal dus van die res van die hoofargief onderskei kan word en onafhanklik deurgeblaai kan word. Ingevoerde werke sal ook toeganklik wees vanaf die hoof AO3-bladsye (sodat u dalk nuwe lesers kan kry!). Waar moontlik, sal ons herleidings vanaf die oorspronklike argiefdomein na die AO3 implementeer: ons sal dit gevals-gewys aankondig.

Wat as ek reeds ’n kopie van die werke wat ingevoer word op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas het?

As u die werk uit die oorspronklike argief ingevoer het met behulp van ons invoerfunksie, sal die werk nie weer ingevoer word nie en u bestaande kopie sal outomaties met die nuwe versameling geassosieer word. As u die werk met die hand geplaas het of dit vanaf ’n ander URL ingevoer het, sal u moet besluit wat om met die duplikaatwerk te doen. Wanneer moontlik sal die ingevoerde argief se webadresse na die ingevoerde kopie van hierdie werke herlei (om aanbeveelingslyste en boekmerke te bewaar). Met dit in gedagte, kan u:

  • Wag vir die samesmeltings-hulpmiddel wat tans in ontwikkeling is, wat die treftellings en resensies van albei kopieë kan kombineer, terwyl slegs een werk-teks (en die herleidingskakel, indien van toepassing) behou word.
  • Die ingevoerde kopie uitvee (dit sal die die herleidingskakel breek, indien van toepassing), en die reeds bestaande kopie by die ingevoerde argief se versameling voeg.
  • Die reeds bestaande kopie op AO3 uitvee.
  • Indien van toepassing, Open Doors (Oop Deure) versoek om die herleiding te stel om na die bestaande kopie op AO3 te wys. Om dit te doen, kontak asseblief Oop Deure met u AO3-rekeningnaam, die ingevoerde argief se rekeningnaam en skakels na die werke waarna u wil hê die herleidings moet wys.
Hoekom voer julle argiewe na die AO3 in? Hoekom stoor en huisves julle nie net die hele argief op die OTW se bedieners nie?

Die bewaring van fannish-geskiedenis is ’n sentrale deel van ons missie – ons is mal oor die pluraliteit van fandom en wil hê dat daar baie individuele argiewe moet wees, en ons wil verseker dat as iemand nie meer ’n argief kan onderhou nie, hierdie bietjie fandom nie verlore gaan nie. Ons sou graag die argiewe self wou kon bewaar, maar die hulpbronne wat benodig word om dit te doen is te groot: elke argief sal sy eie bedienerspasie benodig, ’n span kodeerders wat die kode daaragter kan opdateer en/of herskryf, ’n paar toegewyde modereerders, ens. Deur argiewe na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te voer, maar dit in afsonderlike versamelings te groepeer, kan ons die wonderlike fannish kreatiwiteit en ’n bietjie van daardie individuele identiteit red, terwyl ons verseker dat ons net een stel kode, een klomp bedieners en een ondersteuningspan benodig.

Wat as ek nie wil hê dat my werke moet ingevoer word nie?

Kontak Open Doors (Oop Deure) met die e-posadres wat by die argief wat ingevoer gaan word geregistreer is en versoek dat daardie adres geblok word. ’n Blok op ’n e-posadres sal verhoed dat die massa-invoerder werke wat met daardie adres geassosieer word, invoer. As u nie meer toegang het tot die e-posadres wat u wil blok nie, sluit asseblief enige inligting in wat kan help om u identiteit te verifieer. In sulke gevalle word elke versoek noukeurig oorweeg en gekeur.

Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek)

Sal argiewe beskikbaar gestel word in digitale vorm?

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en die Universiteit van Iowa sal maniere ondersoek om sommige van hierdie items te digitaliseer sodat fans wie dit wil sien, toegang sal hê selfs al kan hulle nie na Iowa in die Verenigde State gaan nie. Ons hoop om kontak te maak met baie van die skeppers van hierdie werke sodat ons hul toestemming kan kry om die werke wyer aanlyn te deel.

Wat van privaatheid? Baie fans het stories onder hulle wettige name gepubliseer.

Dit is beide die Universiteit van Iowa en die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se hoogste prioriteit om fans se regte en privaatheid te respekteer. Tipiese openbare inskrywings sal net die fantydskrif se titel en fandom (bv. Blake’s Seven: The Other Side 1, 3 [1986-1987]) insluit in dieselfde manier as wat ’n tydskrif in ’n biblioteek katalogus gelys word. Ons hoop egter om toestemming van individuele skrywers en redakteurs te kry om hul inhoud wyer aanlyn te deel.

Kan ek hierdie items uitneem deur interbiblioteeklenings-programme?

Die items in die versameling sal by die Universiteit van Iowa gehou word. Die Spesiale Versamelings span is egter bereid om tot en met 100 fotostate te maak en te stuur na vakkundiges of ander belangstellendes teen ongeveer 25 sent per bladsy, volgens hul standaard prosedure.

Kan ek my fannish versameling aan hierdie projek nalaat in my testament?

Ja. Ons kan help met toepaslike bewoording vir ’n bemaking.

As ek items het om te skenk, met wie kan ek praat?

Tree in verbinding met die Oop Deure komitee vir hulp as u aan hierdie projek wil skenk.

Ek het bokse (rakke/vertrekke/huise) vol fantydskrifte! Ek kan nie bekostig om dit na Iowa te pos nie!

Ons kan help! Die Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek) kan posgeld verskaf sowel as om te reël dat UPS die donasies oplaai. Moenie dat die koste of hoeveelheid items u keer om te skenk nie.

Het die Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek) enige kriteria oor donasies gebaseer op taal of land van oorsprong?

Nee: beide die Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek) en die Universiteit van Iowa stel belang daarin om items te versamel van fans regoor die wereld, insluitende materiaal wat nie in Engels is nie of wat nie van Engelssprekende lande af kom nie. Soos met VS donasies, hang ons vermoë om te help met die pos van items egter af van beskikbare hulpbronne.

Gedenkargiewe

Wat is AO3 Gedenkargiewe?

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) Gedenkargiewe is argiewe vir die fanwerke van skeppers wie oorlede is. Hierdie argiewe word hoofsaaklik geskep deur AO3 in samewerking met die oorlede skepper se naasbestaande of aangewese fannish naasbestaande.

Hierdie versamelings is bedoel om die nalatenskap van skeppers te bewaar na hul dood, om te verseker dat hul werke beskikbaar bly.

Is daar ’n manier om postuum ’n versameling vir ’n skepper op AO3 te skep?

U kan postuum ’n versameling vir ’n skepper skep deur gedenkargiewe op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie). Om dit te kan doen, moet u die skepper se naasbestaande of hul aangewese fannish naasbestaande wees. Versoeke vir gedenkversamelings kan direk deur ons kontakvorm gestuur word. Nadat ons hierdie vorm ontvang het, kan ons die proses begin. Beide u en ’n lid van Oop Deure moet ’n Memorandum van Verstandhouding onderteken wat die bepalings van die invoer uiteensit, die gedenkversameling aankondig, en ’n argivarisrekening vir u skep waaruit u die werke sal oplaai.

Ek sou graag wou sien dat ’n oorlede skepper se fanwerke as ’n gedenkversameling ingevoer word, maar ek is nie hul naasbestaande nie, en ek is ook nie as hul fannish naasbestaande aangewys nie. Is daar iets wat ek kan doen?

By Open Doors (Oop Deure) kan versoeke vir gedenkargiewe slegs deur ’n skepper se naasbestaande of hul aangewese fannish naasbestaande gerig word. As u egter wil sien dat ’n skepper se fanwerke ingevoer word, kan u ons kontak deur ons kontakvorm en inligting insluit oor die skepper se naasbestaande of aangewese fannish naasbestaande as u dit het.

Wat beteken “fannish naasbestaande”?

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) laat gebruikers toe om iemand aan te wys om u fanwerke te bestuur in die geval dat u sterf of onbevoeg raak. Open Doors (Oop Deure) kan slegs versoeke vir gedenkargiewe deur ’n oorlede skepper se naasbestaande of fannish naasbestaande eerbiedig. Vir meer inligting oor fannish naasbestaandes en hoe om iemand as u fannish naasbestaande aan te wys, kyk asseblief na die AO3 Algemene Vrae.