Eis Fanwerke Na ’n Outomatiese Oop Deure Invoer

As ’n argief wat sekere van u werke gehuisves het ingevoer word na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), sal die werke gekoppel word aan die skepper-naam wat u gebruik het op die oorspronklike argief. Afhangende van die argief, mag u werke dalk slegs toegangklik wees tot ingetekende AO3 lede (om die werke uit Google soekresultate te hou).

’n E-pos met instruksies oor hoe om u werke te eis, oneien, of van AO3 te verwyder sou gestuur word na die e-pos adres wat met u werke op die oorspronklike argief gekoppel is. In hierdie handleiding verduidelik ons die opsies wat in daardie e-pos voorgestel word. As sommige van u werke reeds op AO3 is, verwys asseblief na Wat as ek reeds ’n kopie van die werke wat ingevoer word op AO3 geplaas het? in ons Algemene Vrae.

As u nie hierdie e-pos ontvang het nie of u nie meer toegang het tot die e-pos adres wat met die ingevoerde argief verbind is nie, verwys asseblief na Hoe sal ek beheer oor my ingevoerde werke verkry?

Nadat u werke by AO3 gevoeg is as deel van ’n argief invoer, het u die volgende opsies:

  1. Eis u ingevoerde werke as u klaar ’n rekening het, of skep ’n rekening wat u aan die werke wil koppel. Hierdie opsie sal u toelaat om u werke te oneien, uit te vee, of te redigeer.
  2. Los u werke in die sorg van die argivaris rekening. Hierdie opsie sal u werke op AO3 hou, toegeskryf aan die skuilnaam wat u gebruik het op die ingevoerde argief, maar geheg aan die rekening van die ingevoerde argief se argivaris.
  3. Oneien u werke met of sonder u identifiserende skuilnaam. Oneiening sal u werke oordra na AO3 se orphan_account. As u hierdie opsie kies gee u beheer oor werke op, insluitende die vermoë om hulle te redigeer of uit te vee, en u sal nie meer kennisgewings ontvang of die werke terug kan eis nie.
  4. Verwyder u werke vanaf AO3. Hierdie opsie sal al die gelyste werke wat ingevoer is vanaf die AO3 uitvee. U is welkom om die werke self later in te voer of te plaas.
  5. Neem stappe rakende toekomstige invoere. Hierdie opsie laat u toe om toekomstige invoere van u werke vanaf ander argiewe te stop en/of toekomstige invoere se e-pos kennisgewings af te skakel.

Neem asseblief kennis: Enige opsie wat u kies sal van toepassing wees op alle werke wat in die “eis” e-pos gelys is, selfs al is net sommige van hulle gelys op die “eis” bladsy. As u individuele werke apart wil hanteer, moet u eers u ingevoerde werke eis (Opsie 1).

As u niks doen nie, sal u die werk in die sorg van die argivaris los (Opsie 2). As u u werke wil nagaan voordat u ’n besluit neem, maar u nie ’n AO3 rekening het nie, tree in verbinding met Open Doors (Oop Deure) met u skuilnaam en die titels van u werk(e) en ons sal vir u ’n kopie stuur.

Eis U Ingevoerde Werke

Om u ingevoerde werke oor te dra na u AO3 rekening, moet u eers u werke eis. Sodra hulle geëis is, kan u u werke oneien, uitvee, of redigeer in groepe of een vir een.

As u nie reeds ’n AO3 rekening het nie, sal u een moet skep.

As u wel ’n AO3 rekening het wat met ’n ander e-posadres verdind is en dit gebruik om u werke te eis, neem in ag dat ons outomaties toekomstige invoere vir daardie selfde adres met u AO3 rekening sal verbind. As u nie wil hê dat dit moet gebeur nie, kan u enige van die volgende doen:

Eis Alle Werke

Die teks en knoppie in hierdie afdeling is verskillend, afhangende van of u tans ingeteken is by ’n AO3 rekening.

As u ingeteken is, sal dit sê:

“Claim your works with your logged in account. If you would like to claim these works under a different account (or create a new account to claim them with), log out and reload this page first.” (“Eis u werke met u ingetekende rekening. As u die werke wil eis met ’n ander rekening (of ’n nuwe rekening wil skep om hulle mee te eis), teken uit en herlaai eers hierdie bladsy.”)

Knoppie teks: Voeg hierdie werke by my ingetekende rekening

Daar sal ’n lys onder die knoppie wees van alle werke wat namens u e-posadres ingevoer is. Deur die knoppie te kies sal al daardie werke by die rekening waarby u ingeteken is gevoeg word.

As u nie tans ingeteken is nie, sal dit sê:

”We invite you to join our beta and create an account! The works will automatically be added to your account and you will have full control over them.

If you already have an AO3 account, log in and reload this page, and we’ll assign you the works.” (“Ons nooi u om by ons beta aan te sluit en ’n rekening te skep! Die werke sal outomaties by u rekening gevoeg word en u sal volle beheer oor hulle hê.

As u reeds ’n AO3 rekening het, teken in en herlaai hierdie bladsy. Ons sal dan die werke aan u toeken.”)

Knoppie teks: Laat my inskryf en gee vir my my werke! Lekker!

Onder die knoppie sal ’n lys van alle werke wees wat namens u e-posadres ingevoer is. Deur die “Sign me up and give me my works! Yay!” (Laat my inskryf en gee vir my my werke! Lekker!)-knoppie te kies sal u ’n AO3 uitnodiging aktiveer en sal u toegelaat word om ’n AO3 rekening te skep. Al die gelyste werke sal by u nuwe rekening gevoeg word sodra u dit klaar geskep het.

Los U Werke in die Sorg van die Argivaris Rekening

Elke ingevoerde argief het ’n AO3 rekening wat vernoem is na die ingevoerde argief. Hierdie rekening word na verwys as ’n “argivaris rekening” en hou eienaarskap van die argief se ongeëiste werke.

As u die “Leave my works in the care of the archivist” (“Los my werke in die sorg van die argivaris”)-opsie kies beteken dit dat niks verander nie. U werke sal op AO3 bly, toegeskryf aan die skuilnaam wat u gebruik het op die ingevoerde argief, maar geheg aan die argivaris rekening. ’n Voorbeeld van ’n werk wat toegeskryf is aan ’n skuilnaam, maar verbind is aan ’n argivaris rekening:

The blurb of a work titled 'Work 1', attributed to Testy, attached to test_archivist. The title and byline reads 'Work 1 by Testy [archived by test_archivist]' (Die beskrywing van ’n werk getiteld 'Work 1', toegeskryf aan Testy, geheg aan test_archivist. Die titel en subopskrif lui Work 1 deur Testy [argiveer deur test_archivist])

As dit is wat u wil hê, kies hierdie opsie en dan die “Update” (Dateer op)-knoppie.

Hierdie opsie laat u ook toe om u werke in die toekoms te eis as u van plan verander. As u die uitnodiging e-pos hou, sal die skakel daarin aanhou werk solank u nie een van die ander opsies kies nie. As u die e-pos verloor, kan u altyd met Oop Deure in verbinding tree en ons sal ’n nuwe een vir u uitstuur.

As u die identifiserende inligting vanaf u werke wil verwyder en dit steeds in die sorg van die argivaris wil los, kan u dit soos volg doen:

’n Voorbeeld van ’n werk waarvan die skrywer se identifiserende inligting verwyder is, maar wat steeds aan die argivaris rekening geheg is:

The blurb of a work titled 'Work 2' attributed to test_archivist. The title and byline reads 'Work 2 by test_archivist' (Die beskrywing van ’n werk getiteld 'Work 2' toegeëien aan test_archivist. Die titel en subopskrif lui 'Work 2 deur test_archivist').

As u kies om dit te doen, tree asseblief in verbinding met Oop Deure en laat ons weet wat gebeur het, sodat ons ’n rekord daarvan het en nie probeer om die werke weer aan u toe te ken nie.

Om U Werke Te Oneien

As daar werke is wat u nie meer aan u rekening verbind wil hê nie, is oneiening ’n alternatief tot die uitvee van die werke. Dit sal al u identifiserende data permanent vanaf die werke verwyder. Neem asseblief kennis dat oneiening permanent en onherroeplik is—u gee alle beheer oor die werke op, insluitende die vermoë om hulle te redigeer of uit te vee, en u sal hulle nie kan terug eis nie. Vir meer inligting oor die oneiening van werke op die AO3, verwys na die Oneiening Algemene Vrae.

As u kies om u ingevoerde werke te oneien, sal hulle na AO3 se orphan_account oorgeplaas word, en u sal nie meer kennisgewings oor hulle ontvang nie. As u die opsie “Orphan my works and take my email address off them, but keep my name” (Oneien my werke en verwyder my e-posadres van hulle af, maar hou my naam) kies, sal ’n nuwe skuilnaam geskep word met dieselfde naam as die skuilnaam wat u gebruik het om die werke op die oorspronklike argief te skep. As u nie wil hê u skuilnaam moet op die werke bly nie, kan u die merkblokkie “Assign my works to the AO3 orphan_account, removing both my name and email address” (Ken my werke toe aan die AO3 orphan_account en verwyder beide my naam en e-posadres) kies.

Voordat u u werke oneien is dit belangrik om hulle na te gaan en seker te maak daar is nie enige identifiserende inligting wat u wil verwyder nie. Sodra u dit gedoen het, kan u hulle redigeer of oneien nes hulle is:

  • As daar niks is wat u wil redigeer nie, kan u die werke oneien met die “Orphan my works and take my email address off them, but keep my name” opsie. As u u skuilnaam ook wil verwyder, gebruik die “Assign my works to the AO3 orphan_account, removing both my name and email address” opsie.
  • As u hulle wil redigeer, kan u:
    • In verbinding tree met Oop Deure en vra vir spesifieke teks om verwyder te word en dat die werk dan oneien word. As u dit doen, maak asseblief seker dat u hulle inlig of u u skuilnaam wil los op die werke of dit wil verwyder.
    • Eis u werke, redigeer hulle soos u wil, en oneien hulle dan deur die gewone proses. Vir meer hieroor, verwys na Hoe oneien ek my werk(e)?.

Sodra u die opsie(s) gekies het wat u wil hê, kies die “Update”-knoppie nader aan die onderkant van die bladsy om u keuses toe te pas.

Vee U Ingevoerde Werke Op AO3 Uit

Die “Please remove my works from the AO3 entirely” (Verwyder asseblief heeltemal my werke van die AO3 af)-opsie sal al die gelyste ingevoerde werke van die AO3 af uitvee. Neem asseblief kennis dat dit permanent en onherroeplik is. As dit is wat u wil hê, kies hierdie opsie en dan die “Update”-knoppie.

Neem stappe rakende toekomstige invoere

Voorkom toekomstige invoere van werke met hierdie e-posadres

Die opsie “From now on, do not import works with this email address” (Van nou af, moenie werke met hierdie e-posadres invoer nie) sal voorkom dat enige werke outomaties ingesluit word in toekomstige argief invoere as u hulle geplaas het onder hierdie e-posadres. As dit is wat u wil hê, kies die merkblokkie, sowel as die eienaarskap opsie wat u gekies het vir u reeds-ingevoerde werke, en dan die “Update” knoppie.

Die opsie “Do not email me in the future when works are imported with this email address” (“Moet my nie in die toekoms e-pos as werke ingevoer word met hierdie e-posadres nie”) sal die kennisgewing e-posse wat gewoonlik gestuur word wanneer ’n werk ingevoer word, afgeskakel word. As u nie wil hê dat u werke enigsins ingevoer moet word nie, kies die “From now on, do not import works with this email address”-merkblokkie, sowel as die eienaarskap opsie wat u gekies het, en dan die “Update”-knoppie.

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

Sommige algemene vrae oor Oop Deure word beantwoord in die Oop Deure Algemene Vrae. U kan ook verwys na ons Oop Deure Handleidings. U kan antwoorde op sommige algemene vrae oor die AO3 in die AO3 Algmene Vrae kry. Vrae en antwoorde oor die AO3 se Diensvoorwaardes kan in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae gevind word. U kan ook gaan kyk na die AO3 se bekende probleme. As u meer hulp benodig, tree asseblief in verbinding met Oop Deure of dien ’n ondersteuningsversoek in.