Ek bestuur ’n argief wat ek graag wil rugsteun/invoer na die AO3. Wat moet ek doen?

Kontak Open Doors (Oop Deure), en ons kan dan u argief bespreek en ’n gedetailleerde plan vir die invoer skep. Laat weet ons asseblief van die begin af as u spesiale behoeftes het – byvoorbeeld as u argief multimedia-inhoud bevat. Wanneer ons ’n ooreenkoms het, sal ons saam met u ’n bekendstelling maak oor die invoer van die projek. Wat ons van u en/of u mede-modereerder(s) sal benodig:

  • Verpligting om met Oop Deure te werk vir ten minste die duur van die invoer. Ons sal die invoer moet onderbreek as die modereerder(s) nie beskikbaar is nie en ons niemand anders het om mee saam te werk nie.
  • Deelname aan die uitreikproses
  • ’n Ooreenkoms om Oop Deure se beleide te volg wanneer dit kom by die toekenning van skeppers aan hul werke, inligting oor die argief se geskiedenis vir invoer-doeleindes, en om skeppers te help om hul werke te eis
  • As die oorspronklike argief aanlyn gaan bly, benodig ons die vermoë om dit te wysig as skeppers ons vra om hul werke uit te vee, of hul skeppersname te verander