Vroeg in 2009 het Open Doors (Oop Deure) die Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek) begin in samewerking met die Spesiale Versamelings Departement by die Universiteit van Iowa Biblioteke. Hierdie projek is toegewy aan die bewaring van fan-artefakte soos lettertydskrifte, fantydskrifte en ander nie-digitale fanwerke en memorabilia. Kontak die Oop Deure-komitee vir meer inligting oor hoe om fantydskrifte of ander fan-artefakte aan die Fankultuur Bewaringsprojek te skenk.