As u enige vrae oor ons prosedures het, of hulp wil versoek om u argief na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te voer, kontak asseblief die Oop Deure komitee deur ons kontakvorm te gebruik. Volgens die AO3 se Diensvoorwaardes, moet alle argiefinvoere deur Oop Deure gemagtig word.
- Gaan na archiveofourown.org, en in die regter boonste hoek, selekteer die woorde “Log In” (Teken In).

- Voer die gebruikersnaam en wagwoord vir u argivarisrekening in. (Geriefsonthalwe kan u ook die blokkie langsaan “Remember Me” (Onthou My) merk sodat u nie volgende keer hoef in te teken nie.) Selekteer dan die “Log In”-knoppie.
- Selekteer die “Invitations” (Uitnodigings)-knoppie onder u rekeningnaam.
- Voer die e-posadres van die nuwe gebruiker in die “Email Address” (E-posadres) veld in, en gebruik dan die “Send Invitation” (Stuur Uitnodiging) knoppie in die onderste regterkantste hoek.