Voeg Verskeie Werke by ‘n Versameling

As ‘n argief wat deur die Open Doors (Oop Deure)-projek ingevoer word, werke bevat wat u reeds op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas het, kan u daardie werke by die ingevoerde argief se versameling voeg.

Let wel dat indien u werke reeds via ‘n outomatiese argiefinvoer na die AO3 ingevoer is en u graag wil uitvind hoe om dit te eis, moet u verwys na Die Eis van Werke na ‘n Outomatiese Oop Deure Invoer.

As u ‘n enkele werk by ‘n versameling wil voeg, verwys asseblief na Hoe voeg ek ‘n werk by ‘n versameling?

As u verskeie werke het wat u by ‘n versameling wil voeg, kan u dit doen deur hierdie stappe te volg:

  1. Wanneer u ingeteken is, kies “My Works” (My Werke) uit die “Hi (Hallo), [gebruikersnaam]!”-kieslys boaan die bladsy. As u op u Dashboard (Paneelbord) is, kan u ook “Works” (Werke) kies in die navigasie-kantpaneel (aan die bokant van die bladsy wanneer u ‘n mobiele toestel gebruik).
  2. Kies die “Edit Works” (Wysig Werke)-knoppie regs bo op die bladsy (of onder die “My Werke”-opskrif op mobiele toestelle) om toegang te kry tot die Edit Multiple Works (Wysig Verskeie Werke)-bladsy.

    Die My Werke-bladsy wat die Wysig Werke, Werke in Versamelings en Werke opsies wys. Die Wysig Werke-knoppie is gemerk.
    Figuur 1: Die “Wysig Werke”-knoppie op die My Werke-bladsy.

  3. Merk die blokkies langs al die werke wat u by ‘n gegewe versameling wil voeg. Let daarop dat u werke deur fandom verdeel sal word.

    Merkblokkies om werke te kies wat gewysig moet word op die Wysig Verskeie Werke-bladsy
    Figuur 2:Verskeie werke gekies vir wysiging.

  4. Nadat u die blokkies langs al die werke wat u by ‘n versameling wil voeg, gemerk het, kies die “Edit” (Wysig)-knoppie regs bo op die bladsy op beide rekenaars en mobiele toestelle.
  5. Gaan na die Add To Collections (Voeg By Versamelings)-opsie. As u begin om die versamelingnaam in te voer behoort dit outomaties te verskyn as ‘n opsie wat u kan kies. Die naam sal heel waarskynlik dieselfde wees as die naam van die argief waaruit u werke ingevoer is, bv. “Turkfanfiksie.” Kies die versameling waarby u u werke wil voeg uit die outovoltooilys. Moenie enigiets anders op hierdie bladsy verander nie, tensy u regtig seker is daaroor, aangesien dit inligting sal verander vir al die werke wat u gemerk het. As u nie seker is oor die versameling se naam nie, gaan kyk asseblief na ons Spesiale Versamelingsgalery vir meer inligting of kontak Oop Deure.

    Die woord 'yuletide' is in die Voeg By Versamelings-veld ingevoer en die outovoltooilys gee opsies van versamelings soos Yuletide Recs, Yuletide 2012, Yuletide 2010 ensovoorts.
    Figuur 3: Voorbeeld van die Voeg By Versamelings outovoltooilys op die Wysig Verskeie Werke-bladsy.

  6. Nadat u die versameling gekies het waarby u u werke wil voeg, gaan na die onderkant van die bladsy en kies die “Update All Works” (Dateer Alle Werke Op) knoppie aan die regterkant om u veranderinge te stoor.

Vir meer inligting oor hoe om meer as een werk op ‘n slag te wysig, verwys asseblief na Hoe wysig ek verskeie werke op dieselfde tyd?

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord word nie?

Sommige algemene vrae oor Oop Deure word in die Oop Deure Algemene Vrae beantwoord. U sal dalk ook wil verwys na ons Oop Deure Handleidings. U kan die antwoorde vir ‘n paar vrae wat gereeld gevra word oor AO3 vind by AO3 Algemene Vrae en sommige algemene terme word gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor die AO3 se diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae.
U mag dalk ook belangstel in AO3 se Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, kontak Oop Deure of dien gerus ‘n ondersteuningsversoek in.